Stories uit my skooltas
Price range: R99.00 through R149.00Mag my woorde en herinneringe vreugde bring en tot inspirasie lei.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Mag my woorde en herinneringe vreugde bring en tot inspirasie lei.
Toe reisjoernalis en voëlkyker Brenda Malan haar skip verpas op die afgeleë eiland Darion, word sy gered deur ’n seun, Ben, en sy hond. Sy vind tydelike verblyf by die Taylors en besluit om in haar elf dae op die eiland stories na te spoor. ’n Verdagte seilskip en geheimsinnige aktiwiteite by die hawe wek haar nuuskierigheid. Wanneer sy foto’s neem van ’n verdagte toneel, besef sy nie dat haar soektog na ’n storie haar dalk in gevaar mag plaas nie.
As a care worker I was tasked with looking after many vulnerable people. Some young, some old, most completely forgotten. Each and every one of them had a story to tell and most of their stories were incredibly sad, but beautiful. This book is a collection of thirteen fictional stories inspired by the lives of, and conversations with these people.
Some stories are lived to be told. Some stories are too important to be lost. The characters in these stories are already forgotten. It would be a tragedy to forget their stories too.
Tydens my jaar as tuissorg het ek na tientalle mense moes kyk. Sommige jonk, sommige oud, meeste totaal en al verlate. Elkeen het ‘n storie gehad wat hulle tog so graag wou vertel, en meeste van die stories was aangrypend hartseer en mooi. Hierdie boek is ‘n versameling van dertien van dié hartstories wat my die meeste opgeval het en altyd sal bybly. Sommige stories is gemaak om vertel te word.
Suid-Afrika is so ‘n diverse land met soveel diverse mense met soveel verskillende persoonlikhede en gewoontes. Kortverhale vertel soveel meer as net verhale wat mondelings oorgedra word. Dit vertel van die mens self.
“Mamma! Mamma!” gil Karla op haar hardste. “Juan wil nie my pop gee nie! Jy is gemeen Juan. Ek hoop jou kop ontplof, jy dink in elk geval te veel van jouself.” Juan lag, dis vir hom prettig as daardie groen ogies so blits. Wie weeet wat die toekoms inhou vir Karla.
Stap saam met Rieka, voel en beleef haar verlorenheid – dalk erken jy jouself êrens langs hierdie pad en is haar vrae aan haarself ook joune. En wie weet, dalk vind jy jouself ook daar waar jy moet wees. Daar waar jy wíl wees. Dalk kan jy ook sê: “Hoe volmaak is my lewe nie. Hoe sielsgelukkig is ek nie om Vrou te mag wees nie.
‘n Vakansie in die Drakensberge breek aan waarna die gesin so uitgesien het.
Wat kan dan nou verkeerd gaan?
Kom ervaar ‘n wintersnag in die Drakensberge saam met die gesin en vind uit wat so vreesaanjaend kan wees.
Los my uit! Los my net uit! Ek haat julle! Ek haat julle!” gil Tinkie, en storm by die voordeur uit.
Tinkie se mamma is oorlede en sy sukkel om die trauma te verwerk. Sy hoor haar pa praat oor die foon en sy vlug.
Wat het van Tinkie geword?
Kan die hartseerverhaal eindig in vreugde?
Lienka was die enigste kind van Alta en Cornelius de Wet. Haar pa het gesterf toe sy slegs nege jaar oud was en haar ma vyf maande gelede. Sy het groot geword in Kuruman waar haar pa die stasiebevelvoerder van die polisiestasie was en haar ma maar al die jare ’n tuisteskepper. Lienka soek Lukas van Vuuren op en hy luister aandagtig na wat Lienka sê, sy twee potblou oë vasgenael op die vergeelde, toegevoude briefie in sy hande. Sy hande bewe effens, maar Lienka sien dit nie eers raak nie.
Lukas vou die briefie stadig oop toe Lienka opgehou praat het. Die papiertjie is baie dun en kan maklik skeur…
Lees verder aan hierdie hartroerende verhaal…
Wanneer Divan, moedeloos en uitgeput van die hitte en droogte gedwing word om ’n windpomp te gaan regmaak om dors diere water te gee, lei dit tot ontdekking van ongerymdhede wat vlak onder sy neus gebeur.
Te midde van al die probleme raak jong kinders weg op die dorp en skep dit ’n gevoel van angs tussen die inwoners.
Sal Divan uiteindelik die antwoorde kry waarna hy so naarstiglik soek…
3 Verhale in 1
In Vrees as Metgesel neem die skrywers jou op ’n spanningsvolle reis deur stegies van misdaad, raaisels en die onbekende. Hierdie keur van 38 kortverhale delf in die donker dieptes van die menslike psige – waar skuld, geheime en wraak soos skaduwees teen die mure fluister.
Van dorpsplekke met bloedbevlekte verlede tot tydreise vol misterie, van geheime biblioteke tot moord onder die silwer maan, is elke verhaal ‘n unieke speurtog wat lesers aan die raai hou tot die laaste sin.
In Vrees as Metgesel word jy saam met ’n reeks speurders, gewone mense én geheimsinnige figure ingesleep in stories waar niks is soos dit lyk nie.
Wat sou dan ook nou meer gepas wees om oor te skryf, dan die liefde? Die liefde het natuurlik vele fasette. Dit maak jou gelukkig, laat jou ongeoorloofde dinge doen, vergewe alles… of amper alles.
Somtyds, draai die liefde sy rug op jou en vernietig alles in sy pad.
Maar… Daar is ’n baie fyn draad tussen liefde en haat. ’n Goue draad, wat twee kwynende harte weer saamweef.
Kosbaarder as Korale is ‘n kortverhaalbundel wat geskryf is deur verskeie skrywers, en sluit verhale in wat die krag, moed, en deursettingsvermoë van vroue vier. Die verhale wissel van persoonlike oorwinnings en tweede kanse tot liefde en familie, en weerspieël die uiteenlopende ervarings en uitdagings wat vroue daagliks in die gesig staar.
Hierdie verhale van vroue wat onophoudelik werk om die lewens van diegene om hulle te verbeter, sal die leser inspireer en diep raak.
Die Malherbe Skrywers het hulself weereens oortref met hierdie spogbundel. 19 unieke Afrikaanse stories wat jou emosies laat wipplank ry. In die bundel is daar ook ’n les of twee te leer. Soos die storie van Ma Kietie. Sy hou die Malan-huishouding se leisels in groot, sterk geoefende hande vas. Haar tong slaan soos ʼn sweep as sy hierdie Malantjies dril. Maar bewaar die een wat met haar kinders mors. Dit het die skoolhoof op die harde manier geleer. Maar skaf gerus hierdie bundel aan as julle meer wil weet wat alles hierbinne gebeur.