Kuier saam met Hansie en Wollie Boek 1
Price range: R79.00 through R149.00Ons kuier saam met Hansie en Wollie, die oulike wit en bruin hondjie.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Ons kuier saam met Hansie en Wollie, die oulike wit en bruin hondjie.
Die Klokkejane van Klokkeland is baie snaakse kreature. Daar is blou Klokkejane en rooi Klokkejane. Hulle lyk soos ronde harige balle met groot oë en wye monde. Hulle het dun arms en bene. Vier vingers en vier tone aan elke hand en voet. Maar … Klokkeloempie is pers. Die enigste pers Klokkejaan in Klokkeland. Iewers tussen hierdie boek se bladsye is die geheim van Klokkeloempie se pers hare. Klokkeloempie verdwaal in die bos en terwyl jy lees, beleef jy sy avonture alleen in die nag. Gaan hy ooit weer sy pad terugvind huis toe?
Afrikaans het ’n ryk tradisie van kinderverse – ’n skatkis vol oorspronklike rympies soos in Woelwoorde. Rympies en verse is heerlike pret en plesier, en dit speel ook ’n belangrike rol in jou kind se ontwikkeling. Kinders wat vroeg vertroud gemaak word met rym, leer makliker lees.Rympies en verse prikkel jou kind se kreatiwiteit. Om rympies uit die kop te leer is uitstekende oefening vir jou kind se geheue.Dit leer jou kind ritme en taalspel. Rympies kan ook prettig wees.
Woelwoorde is geskik vir voorskoolse sowel as laerskoolkinders vir voorlees en selflees.
Windgat die haan is dapper en vol planne, maar sy nuuskierigheid bring hom gou in die moeilikheid wanneer hy ’n vreemde dier ontmoet wat dringend hulp nodig het. Intussen het Pollie groot planne om in die huis te gaan loer, maar haar nuwe hoed sorg vir groot drama! Wanneer gevaar dreig buite die werf, moet Windgat en sy vriende wys wie hulle regtig is. Sal almal saamwerk om ’n groot avontuur te oorleef – of gaan vrees die oorhand kry?
In this third book in the “The Boy Jet Fighter” series – a ‘çhapter book’for 8 to 12 year olds – Michael finds himself once again in his flying dimension. This time the ‘Rebel’ islanders have more advanced fighters which Michael and his family have to deal with.
Fearing for the safety of his young pilots, Paul and the Elders of the Savu Island Group decide to arm the Hunter and Mirage. Join Michael in the cockpit as he learns new aerial combat skills.
In this second book of the series, Michael finds himself once again in his flying dimension but this time with new challenges. The Sumatran Tiger, a beautiful cat genetically close to its extinct ancestors, is getting near extinction on Tiger Island. This invites poachers to the island and what follows is an action packed adventure to save precious endangered species from the human greed for animal parts.
Join Michael and his friends as they try to prevent the poachers and their rebel air support from killing the tigers. Michael is elated as this time he gets to fly Delta, the sleek Mirage jet fighter.
This series is a book for young-readers that provides a gripping approach to fast jet fighter flying with all the thrill of real-life combat.
Andri het as kind al gedroom van juffrou word en is al van kindsbeen af lief vir skryf en diere. Een van die stories in haar reeks oor Zazi is ‘n storie “Eddie die Eekhoring se verlore akker”:
Dit het begin herfs word in die dieretuin en die blare het ’n mooi donkerrooi, geel en bruin kleur begin kry. Die diere wat in die dieretuin gebly het, het daagliks kos gekry by die mense wat in die dieretuin gewerk het.“Hierdie akkers is darem maar heerlik,” het Attie die Apie vir sy maatjie Zazi gesê.
Zazi antwoord vir Attie: “Ek weet nie hoe jy van ’n akker kan hou nie, Attie, dit is vreeslik bitter.” …
Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het. Haar stories is dikwels vol lewenslesse en haar eie grootste lewensles is “As die son nie vandag skyn nie sal hy môre weer skyn en as hy nie dan skyn nie, sal hy volgende week of volgende jaar skyn: skyn sal hy skyn”. Dit is ook die boodskap van haar storie “Die son wat nie wou skyn nie” wat deel is van die bundel. Geniet die bundel! Die doel daarvan was om kinders genot te verskaf, maar ook lewenslesse te leer.
Met poetse en planne om die Ridders weg te hou, sal Chris en sy maats mooi moet dink om nie deur die boelies uitoorlê te word nie. Hierdie boek, net soos die eerste twee in die reeks, beloof om die leser van begin tot einde geboei te hou.
Ook beskikbaar in die reeks:
Boek 1: Die Snypoort Ridders in die Spoorweghuis
Boek 2: Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur
So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, so leer ons die kleinspan die alfabet.
Op die plaas sorg drie hane vir groot opwinding, veral die wit haan wat sommer gou baklei. Iemand sien sy humeur en besluit om pret te hê – maar hoekom skrik Haan so vir ’n hemp op die gras? Intussen wil Dollie gaan swem sonder om na Ouma of Haan te luister – gaan sy haar les leer voor sy in die moeilikheid beland? En hoekom raas die alarm elke oggend so vreeslik? Ron en Rudie gaan ondersoek instel … as hulle dapper genoeg is!
Die wit kat met swart kolle en haar huismaat, die swart kat met wit kolle, is in die bevoorregte posisie om in die Eerste Minister van Brittanje se huis te bly saam met sy vrou en twee kinders, Sindy en Chris. Sindy is lief vir hierdie twee katte, Tinki en Bella, en spandeer soveel as moontlik tyd saam met hulle. Chris, aan die anderkant, hou weer eerder daarvan om in sy vrye tyd te eksperimenteer met sy hamster. Ná ‘n inbraak by die plaaslike katspeelgoedwinkel, sou Tinki en Bella nooit kon raai hoeveel naelbyt-avonture hul sou beleef saam met hul twee straatkat-vriende, JJ en Chiepi, nie.
Lees is ongetwyfeld een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind nodig het om sukses in die lewe te behaal en lees begin reeds in die vormjare van ‘n kind.
Lekkerlees vir die Kleinspan bied jou kind ‘n wonderwêreld van woorde en kleur. Versies en prentjies wat die verbeelding aangryp en sodoende leer die kind om diere te ken.
Die stories neem die kind op ‘n verbeeldingsvlug waarin die kind hom/haar kan uitleef.
Ondersteun jou kind om die liefde vir lees en boeke te ontwikkel.
“Janet, kyk daar! Dis ‘n flenterhuis, uit die niet verskyn.”
Jasper Ras se nuuskierigheid ken geen perke toe hy sy tweeling suster Janet saam lok om na die flenterhuis te gaan kyk. So begin die raaisel van die vrou in die pad. Karel Jantjies, hul boesemvriend beland midde in ‘n geheime ontmoeting van sekere van Bashoek se inwoners. Jasper en Janet Ras word vasgevang in die portret in skerwe, maar Karel Jantjies en Roelien Karp werk hard om agter die waarheid van die flenterhuis te kom en hul skoolmaats te red.
Hoe lekker is dit nie om ’n skoolhoof te hê met empatie en goeie sin vir humor nie. Janet oorreed hom om hulle toe te laat om ’n sokkie-sonder-skoene te hou en hy knip gaatjies in sy sokkies sodat al sy tone uitsteek. Later skeer hy ook soos ’n klompie leerders al sy hare af toe een van die leerders deur kanker-behandeling gaan en vang saam met die seuns hoenders in die hoofstraat. Meneer Plankies en juffrou Alta kom uiteindelik tot trou en daar word ’n makietie-sokkie vir hulle by die skool gehou. Janet se filistyn word gekies as Rugbykaptein van die Provinsiale skolespan en al die maats maak groot besluite oor hul toekoms.