Van verneuker tot jintelman
Price range: R99.00 through R259.00Die boek waarvoor elke vrou of verneuker gewag het.
Volg die 10 maklike stappe maar pasop vir die ‘twist’
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Die boek waarvoor elke vrou of verneuker gewag het.
Volg die 10 maklike stappe maar pasop vir die ‘twist’
Alles lyk perfek, maar dan moet Dean sy gewese vrou gaan bystaan terwyl Liezel self deur ’n krisis gaan. Terwyl Dean by Lea is, is dit juis Kobus Steenkamp, die man wat haar veiligheid bedreig het, wat Liezel te hulp snel.
Gaan Liezel vir Dean vergewe omdat hy nie daar was toe sy hom nodig gehad het nie, of gaan Lea altyd tussen hulle staan?
Die verhaal is opgevoer en uitgesaai in 1987-1988 deur RSG. In hierdie emosionele en realistiese verhaal kon u luister na die volgende spelers.
Sal die blitsbesluit van Johan sy lewe kompliseer of dalk draai na die liefde? Lees die aangrypende verhaal van Johan en sy vyfjarige dogtertjie Katy, na hy hom ontferm het oor die vreemde vrou, Karin.
Rick het egter groter probleme as om net vir Amy te oortuig dat hulle saam ’n toekoms kan hê, want die rustigheid daar in die Karoo word ernstig bedreig deur ’n gewetenlose sindikaat wat nie gaan toelaat dat iemand in hulle duiwelspad kom, nie.
Gaan Rick en Amy al hierdie probleme kan oorbrug?
Om lief te hê is niks. Om liefde te ontvang is iets. Maar om lief te hê en liefde te ontvang is alles.
Lees die aangrypende verhaal van Brand en Lisa. Sal die verlede altyd in die verlede bly of sal Brand en Lisa se liefde bly?
In die Angolese oorlog is Portugese boere se lewens nie ’n sakkie aartappels werd nie. Kubane moor en roof en die vêrafgeleë plase word geplunder.
Grace oorleef die ergste aanval op haar gesin. Sy vlug – swanger en met haar driejarige dogtertjie.Vier Suid-Afrikaanse soldate kry haar, verhonger en uitgeput en help haar tot in Suidwes-Afrika.
Hier skei hul paaie en die enigste mense wat sy leer vertrou moet terug Angola toe. Vrou alleen, sonder heenkome, geen familie of besittings gaan sy moedig voort.
Grace verloor alles, maar sal die uiteinde vir haar geluk bring? Miskien ANDERKANT WEERBEGIN?
Kom saam met Lara op haar Sabbatsreis vol herinneringe van haar kinderdae. Moeilike tye wat sy nooit gedink het sy gaan oorleef nie. Soos die aande wat sy en haar sussies moes vlug en in mense se tuine wegkruip om weg te kom van hulle pa se geweld wanneer hy gedrink is. Hierdie is tye wat sy met alles in haar vermoë eerder uit haar gedagtes sou wis. Gaan Lara ook na verkeerde uitweë soek in die lewe, of gaan sy iewers haar lag terugkry?
A story of intrigue, betrayal, murder and sad romance. The story takes place in an old Lowveld village, where Constable van der Plooi and his colleagues have to solve a murder. Constable van der Plooi is a Stoftrappertjie; will he maintain himself and stay standing until the end, in a world of drugs and girls?
His debut bundle. Glorified Ideals. The following novel is: Where the Galaxy sits before Midnight.
Elsabé en Marnus se verhouding begin toe hy haar saamnooi plaas toe.
Vanaf die begin word misverstande tussen hulle, hul grootste vyand. Sy raak lief vir hom, tog wil sy nie haar vryheid prysgee nie.
Hulle paaie skei totdat die noodlot hulle, deur omstandighede buite hul beheer, weer saamgooi op haar broer se plaas.
Kan ‘n ongeluk, waar die sy die dood in die oë moet kyk en hulle liefde vir mekaar, hul weer herenig?
Na twee mislukte huwelike en ’n dogter wat haar verag, het die drie en vyftigjarige Esta Coulson nooit kon droom dat die dag wat sy in die Kaap land, haar hele lewe sou verander nie.
Terwyl Esta by haar niggie kuier, ontmoet sy Lance Damian. Die Spanjaard slaan haar voete onder haar uit die oomblik wat sy in sy donker oë kyk. Hy laat haar vir die eerste keer in haar lewe soos ’n ware vrou voel. Maar… Sy keer vir die vale om haarself intoom te hou in die man se teenwoordigheid, sy dra te veel bagasie met haar saam om ’n man weer naby haar toe te laat.
Iets gebeur dan wat haar vrymaak van die las en veragting wat sy al die jare soos ’n vernietigende kankergewas met haar saamgedra het. Dit laat haar besef sy het nog ’n kans gekry in die lewe. ’n Kans op ’n nuwe begin.
Ruan voel hoe sy hart swaar klop. Miskien is dit nou die tyd om haar te vertel, maar dis asof hy bang is. Bang om die veragting in haar oë te sien. Dinge het ook al klaar te vêr gevorder tussen hulle twee. Hy weet as sy die waarheid moet uitvind oor hom, sal sy hom nie maklik vergewe nie.
Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.
In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”
Gladys het saam met hom gegaan om net een rede: omdat sy mag. As swart vrou mag sy in die konsertsaal sit wat in haar kindertyd net vir blankes bedoel was. In sy agterkop sien hy haar nog buig voor die dawerende gehoor. Hoekom dan die byna waansinnige vrees as sy na hom kyk?
Wat gaan gebeur tussen Justin en Celest, haar ouers en sy voorouers? Kan die kleurskeidslyn verskuif en is daar ’n toekoms OOR GRENSE HEEN?
Lolla Morton het groot geword op die bende geteisterde Kaapse Vlakte. Haar ouers is tik-verslaafdes, maar Lolla het al vroeg besef dat sy beter van die lewe wil hê. Haar geleentheid kom dan ook, maar saam met haar nuwe lewe moet sy baie dinge opoffer. Sy word vervreemd van haar ouers, want hulle pas nie in haar nuwe lewe in nie.
Dat die lewe nie regverdig is nie, besef sy gou wanneer sy uitgewerp, verstoot en mishandel word. Sy beland in ‘n Noord-Kaapse dorpie, alleen, honger en met geen heenkome nie. Vrees verander later in haat wat haar hele wese inneem.
Maar dan gebeur iets wat haar dwing om terug te gaan na die plek van seerkry. Met ’n hart vol haat het sy gegaan, maar sy het nie God se planne met haar in berekening gebring nie.
Ons eie lewens is soms vol Hanna’s, maar uit Hanna se verhaal leer ons om te bly hoop. Die spore wat ons trap is nie altyd hoe ons dit beplan nie. Soms laat ons dowwe spore agter totdat die lewe eendag vir ons die duidelike spore aandui.