Bybelse Kaleidoskoop
Price range: R129.00 through R249.00’n Dagboek vol skatte uit God se Woord. Ons bid dat jy dit ook mag sien, elke keer as jy ‘n bladsy in hierdie dagboek omblaai en elke dag ‘n stukkie lees. Elke keer iets nuut vir elke dag!
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

’n Dagboek vol skatte uit God se Woord. Ons bid dat jy dit ook mag sien, elke keer as jy ‘n bladsy in hierdie dagboek omblaai en elke dag ‘n stukkie lees. Elke keer iets nuut vir elke dag!
Hierdie prag-kortverhaalbundel bied die kieskeurigste leser so ’n ietsie van alles onder die son. Humor, nostalgie, romanse, aksie, ens…
Kiewiet is ʼn liefdesbundel geskryf aan die ideale vrou, as daar ʼn ideale vrou vir my is, sal sy eendag deur Kiewiet te lees, sien wat my siening van liefde is.
Lewensmoeë… lewensweë… agtergelaat… ek het besluit, om my verstand toe te sluit, my hart gaan ek laat praat,
Trane van ’n Kind.
Ria Steyn het gedink haar ware identiteit kan sy versteek agter vuil mure vol graffiti, totdat daar ’n moord gepleeg word in die woonstel langsaan. Wie is Ria Steyn en wat is haar verbintenis met die agtien meisies wat in die George, Hermanus, Kleinmond en omliggende gebiede onverklaarbaar vermis geraak het?
Verwyte oor Verlore Tyd
Net ’n paar dae terug het Santie voor die oop graf gestaan. Haar man en kinders half agter haar. Hulle het die vrou begrawe wat haar in die lewe gebring het en wat sy haar hele lewe lank nie wou erken as haar ma nie.Nou sit sy in die prokureur se kantoor en kan nie glo wat sy hoor nie. Die brief in haar ma se handskrif keer haar hele lewe op sy kop.
Sybie Kleynhans, geliefde skrywer van Potchefstroom se vierde boek in die reeks van Madefu gee soveel lewenswysheid wanneer jy dieper lees. Die liefde vir die veld en diere kom in sy hele reeks voor. Die boek bied groot leesvermaak aan die leser.
…Wat ek weet van liefde is die lag is nou en in ‘n oogknipsel volg die traan, dan volg die eensame verwyt en verwurgende stilte.
Dié boek is een van daardie moét-hê en dan moét-hou boeke. Jy kan dit net eenvoudig weer en weer lees sonder om verveeld te raak. Sybie woordspeel tussen die lyne en as mens nie fyn lees nie, verloor jy die dieper seer en vreugde, en wil ek byna sê boodskap van hierdie boek.
Deur al die stories is daar wonderlike lewenslesse vir elkeen om op ʼn vars manier te ontdek, en met ons geliefdes te deel.
Die mooiste dalk net toe … “En Soekie soen Kolla teen sy neus. Gelukkig staar hulle na die geeloog-maan wat deur die wolke loer. Daar bo lag die maan sag, en tevrede. ‘Dit is so mooi’, dink hy, ‘om ʼn nuwe liefde op Kersdag te kan aanskou, al is dit tussen twee steenbokkies’.” Van der Spuy Brink
Hierdie bundel stories beleef jy saam met Sybie in die veld saam die diere wat hy so lief het.
As gevolg van verskriklike trauma wat sy opdoen, is haar skoolloopbaan ’n hel wat sy net om wens. Sy sukkel om te leer, die stemme in haar kop wil haar mal maak, en sy word geteister deur verskriklike drome. Sy dink sy het die monster van haar verlede agtergelaat, wanneer net nog verskriklike dinge met haar gebeur deur haar matriekjaar. Wanneer sy gaan studeer in Wellington, glo sy haar lewe en geluk het gedraai wanneer sy met die eerste oogopslag verlief raak op ‘n mede-Suidwester en haar kamermaat se neef. Min het sy besef dit is net die begin van nog baie hartseer, verraad en verwerping in haar lewe.
Wat gaan van Imelda Schenk word? Gaan sy ooit geluk en vrede vind? Of gaan die monsters van die verlede haar insluk?
Met poetse en planne om die Ridders weg te hou, sal Chris en sy maats mooi moet dink om nie deur die boelies uitoorlê te word nie. Hierdie boek, net soos die eerste twee in die reeks, beloof om die leser van begin tot einde geboei te hou.
Ook beskikbaar in die reeks:
Boek 1: Die Snypoort Ridders in die Spoorweghuis
Boek 2: Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur
Die Dis is ’n aksiebelaaide verhaal wat die leser meevoer in ’n wêreld van spanning, verlies en wraak. Die storie kombineer die rou emosies van ‘n gesinsdrama met die intrige van internasionale politieke manipulasie. Die gebruik van Romeinse mitologie om karakters en plekke te benoem, dra by tot die diep simboliek en sfeer van die verhaal. Die protagonis, Carl Scheepers, worstel met sy persoonlike verlies terwyl hy te midde van vyande en bondgenote ’n gevaarlike pad stap om sy seun te red en geregtigheid te laat seëvier.
Die titel vang my oog en dit laat my wonder… Is ons nie elkeen maar ’n pelgrim op reis deur die woud van ons lewe nie? Ons beleef soveel seisoene en emosionele reise elke dag. In hierdie bundel stap jy saam met Chris Jansen deur sy lewe.
‘n Pelgrim op reis kan verdwaal maar kom altyd weer tuis.
Rita Botha vlug stad toe, weg van Adelsrust waar sy die afgelope ses maande geen vreugde geken het nie, weg van Jacobus, haar pastoor man, en die lede van sy kerk.
In die stad word sy vinnig deel van Lizzie Meyer se ‘familie’. Toe die bom bars en die rede vir haar wegvlug uit Adelsrust op die voorblad van die Sondagkoerant uitbasuin word, leer Rita die waarde van vriendskap en besef sy – alle mans is nie soos Jacobus nie. Daar is ook mans soos Pieter, iemand met lag in sy oë.
Onbewus van haar ware herkoms, is Diana van Varenberg ’n lewenslustige, uitgesproke jong meisie wat lief is vir vinnige motors en voel op haar gemaklikste in haar denim klere. Haar ma, Jessica, wat die geheim al vir amper een en twintig jaar bewaar, word genoop om haar die waarheid te vertel toe Diana haar meedeel dat die studente DNS-monsters van hul familie moet neem en navorsing doen oor hulle voorgeslagte. Hoe gaan haar dogter op die nuus reageer wanneer sy uitvind dat dokter Jean-Claude van Varenberg nie haar biologiese pa is nie?
Twee ongelukke, geheueverlies, en ’n boemelaar met dieselfde kleur hare en oë as Drian, ruk hulle lewens egter oornag uitmekaar.Tessa kom voor die moeilikste keuse van haar lewe te staan: moet sy die waarheid vertel, of haar geluk beskerm?
LIEFDE SONDER PERK is ’n roerende verhaal uit die pen van die baie bekende Wilmarí Jooste. Dit hou jou vasgenael tot op die laaste bladsy en laat jou met die salige, ewige waarheid: Ware liefde ken géén perke!
Het jy al verlang na meer tyd saam met geliefdes? Op Rus en Vrede kom vriende en vreemdelinge bymekaar om stories te deel rondom ‘n vuur – van lag en trane tot rillings van vrees. Dis ’n tyd van herontdekking, verlies, nuwe liefde en die krag van menslike verbondenheid. Elke skrywer bring ’n unieke ervaring, en saam vorm hulle ’n mosaïek van herinneringe. ’n Week wat ’n leeftyd se betekenis inhou – net soos jy dit dalk ook nodig het.