101 Lekkerlees stories
Price range: R99.00 through R359.00Hierdie prag-kortverhaalbundel bied die kieskeurigste leser so ’n ietsie van alles onder die son. Humor, nostalgie, romanse, aksie, ens…
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Hierdie prag-kortverhaalbundel bied die kieskeurigste leser so ’n ietsie van alles onder die son. Humor, nostalgie, romanse, aksie, ens…
Het jy al verlang na meer tyd saam met geliefdes? Op Rus en Vrede kom vriende en vreemdelinge bymekaar om stories te deel rondom ‘n vuur – van lag en trane tot rillings van vrees. Dis ’n tyd van herontdekking, verlies, nuwe liefde en die krag van menslike verbondenheid. Elke skrywer bring ’n unieke ervaring, en saam vorm hulle ’n mosaïek van herinneringe. ’n Week wat ’n leeftyd se betekenis inhou – net soos jy dit dalk ook nodig het.
Kom beleef die opwindende, hardegat, doelgerigte, snaakse unieke manier van sê met Jos!Lag is goed vir die gemoed!Jos is ook lief vir Langenhoven.Net so erg oor Afrikaans.Dink buite die boks. Langenhoven het gesê: “Bly hy kan nie net spel nie! Ek ook, want ek kan skryf – vertel!” Lang storie kort te maak – my kinders vra altyd:“Hoekom sê Pa so – en dan gesels Pa nog so lank?”
Storieverteller!
Ware lewensgetroue Fraserburg, KAROO stories wat bewaar moet word Sy omgee en liefde vir mense het hom laat skryfSoos hy skryf geniet, geniet hy detail in AL SY WARE VERHALE Opgedra aan Afrikaans wat 2025 – 90 jaar oud is! Daniël Lötter dankie vir die motivering om my 2 de boek te laat druk!Voor die klippe dit uitroep is my Face Book blad – sluit gerus aan!
Hoekom Bywoner as die Meyers stinkryk is? Waarom boer hulle op ‘n koopplaas ver van hulle erfgrond? Skud u leesvere reg vir ‘n nostalgiese storie oor plaaslewe, hede en verlede. Verhoudings, liefde, vreugde, teleurstelling, angs, verraad en moord. Versmelt met die lewe van ‘n rotsvaste boer en sy eggenote, Alexis. Briljant, mooi en spelerig, die spil waarom die storie draai.
In this second book of the series, Michael finds himself once again in his flying dimension but this time with new challenges. The Sumatran Tiger, a beautiful cat genetically close to its extinct ancestors, is getting near extinction on Tiger Island. This invites poachers to the island and what follows is an action packed adventure to save precious endangered species from the human greed for animal parts.
Join Michael and his friends as they try to prevent the poachers and their rebel air support from killing the tigers. Michael is elated as this time he gets to fly Delta, the sleek Mirage jet fighter.
Buckle up and get ready for another adrenaline-pumping adventure with *Operation Viper*, the fourth installment in Steve Murray’s The Boy Jet Fighter Pilot series. If you’ve been following Michael and his fearless aviation-mad family, this book takes the excitement to new heights—literally! In true Murray fashion, Operation Viper blends adventure, heart, and a love for flying into a story that’s hard to put down. It’s a must-read for young readers with big dreams and a thirst for action. Fasten your seatbelt—this mission is one wild, exhilarating flight!
Elke storie of gedig in hierdie bundel is geïnspireer deur die een of ander liedjie. Waarom nou juis ’n liedjie? Want die lewe is ’n lied, en elke lied vertel sy eie storie.
Musiek is oral om ons. Dit is nie bloot net woorde met ’n wysie nie, dit vertroos en inspireer jou, bepaal soms jou gemoedstemming, laat jou goed voel. Soms maak dit jou ook hartseer, herinner jou aan dit wat eens was.
Jou gunstelingliedjie verplaas jou na ’n spesifieke plek, gebeurtenis of ’n bepaalde tyd in jou lewe. Musiek is die ritme van ons bestaan.
Ria Richards
Die Malherbe Skrywers het hulself weereens oortref met hierdie spogbundel. 19 unieke Afrikaanse stories wat jou emosies laat wipplank ry. In die bundel is daar ook ’n les of twee te leer. Soos die storie van Ma Kietie. Sy hou die Malan-huishouding se leisels in groot, sterk geoefende hande vas. Haar tong slaan soos ʼn sweep as sy hierdie Malantjies dril. Maar bewaar die een wat met haar kinders mors. Dit het die skoolhoof op die harde manier geleer. Maar skaf gerus hierdie bundel aan as julle meer wil weet wat alles hierbinne gebeur.
Wat sou dan ook nou meer gepas wees om oor te skryf, dan die liefde? Die liefde het natuurlik vele fasette. Dit maak jou gelukkig, laat jou ongeoorloofde dinge doen, vergewe alles… of amper alles.
Somtyds, draai die liefde sy rug op jou en vernietig alles in sy pad.
Maar… Daar is ’n baie fyn draad tussen liefde en haat. ’n Goue draad, wat twee kwynende harte weer saamweef.
3 Verhale in 1
Die geraamtes in Meredith Heights en Pembroke kry met skrikwekkende gevolge lewe. Owerspel het twee kante: die wat dit pleeg en die wat aan die ontvangkant is. In Meredith Heights en Pembroke se verlede, soos in die hede, is die liefde die wilde kaart, die groot verdriet en groter vreugde. Of die einde gelukkig gaan wees vir Anesta en Mike, kan die eksentrieke Matilda selfs nie eens met behulp van teeblare voorspel nie.
Hierdie verhaal speel af teen die ruwe agtergrond van ’n ongetemde Afrika en volg ’n volk se pad deur oorlog, verlies en oorlewing. Vanaf die Groot Trek tot die gruwels van die Anglo-Boereoorlog en konsentrasiekampe, word vroue se moed en opoffering beklemtoon. Te midde van geweld, trauma en dood, staan hul pyn as monumente van onreg. Maar uit die as verrys ’n volk weer—gebroke, maar vasbeslote om voort te leef en hul plek in die geskiedenis te hervestig.
Die boek waarvoor elke vrou of verneuker gewag het.
Volg die 10 maklike stappe maar pasop vir die ‘twist’
Allegra, with her gray eyes, strawberry blonde hair and freckles would be considered gorgeous by anyone’s standards.
She “collects” destitute men and protects them like other people help stray animals. She has a way with people, and offers Mark a chance that he can’t refuse.
All the men on the ranch worship the ground she walks on. Matters get complicated by things she can’t share with them. Even more complicating is romance, which starts raising its head, adding further complications.
In Pêrel word verskeie sensitiewe kwessies met deernis aangeraak. Die leser word deel van Mirna en Dylan se wêreld en ervaar die oomblikke van hartseer en vreugde saam met hulle. Die lewe is beslis nie altyd maanskyn en rose nie, maar is vol kosbare oomblikke en genotvolle herinneringe wat alles die moeite werd maak. As jy besluit om die lewe deur God se oë te sien, kan en gaan jy bo jou omstandighede uitstyg.
Ek nooi jou uit om hierdie pad saam met my te stap en God se onbeskryflike liefde en genade en guns te beleef. Hierna te weet dat God alles kan en saam met my hierdie getuienis te gebruik vir die uitbreiding van Sy koninkryk.
As jy hierdie getuienis lees, vertel vir ander daarvan, vra hulle om dit ook te lees, laat ons saam God se Almag deel.