Vuuroffer
Price range: R89.00 through R229.00Aksie, bloedvergieting en verraad snipper aan sy toekomsplanne. Gaan hy liefde vind, of rol die dobbelsteen van die noodlot, weereens teen hom?
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Aksie, bloedvergieting en verraad snipper aan sy toekomsplanne. Gaan hy liefde vind, of rol die dobbelsteen van die noodlot, weereens teen hom?
Sybie weerspieël sy fyn sin vir humor wat telkens ʼn giggellag laat opborrel in komiese situasies om net in die volgende storie jou weer ʼn traan te laat pink.
Bennet Malan se rustige bestaan op die plaas Kwikkiesdrif word ontwrig wanneer sy geliefde ouma, Belle, n n ernstige val n versorger benodig. Die oplossing kom onverwags in die vorm van Adri Langeveldt n bekwame, selfstandige verpleegsuster met n vurige rooikoptemperament. Saam met haar lewenslustige sussie, Daleen, bring sy n vars dinamiek na die plaas. Met humor, romanse en n tikkie plattelandse intrige ontvou n storie van liefde, tweede kanse en die wonder van die natuur met n donkie genaamd Fiona wat sorg vir n onverwagse kinkel!
Thor en Marlene ontdek dat liefde nie aan ouderdom gebonde is nie. Hartstog en romanse kan enige tyd opvlam, maar die verlede en emosionele bagasie bring uitdagings. Thor besef Marlene is nie meer net ’n ou vriendin nie – sy het ’n sagte plek in sy hart verower. Met ’n mededinger op die toneel en raaisels wat wag, moet hulle saam besluit of hul liefde ’n kans verdien. Is dit hul seisoen vir ’n tweede kans op liefde?
Hy sit wydsbeen op die man se borskas. Sy vingers boor in die ou man se strot. Hy wag al so lank vir hierdie kans … “Vrek, bliksem, vrek!”
Petrus skrik natgesweet en verward wakker. Hemel, hoeveel keer moet hy nóg sy pa vermoor? Hoeveel maal moet hy nóg die satisfaksie daarvan smaak voordat dit genoeg is? As die drome net wil ophou …!
Iemand vra my anderdag waarom skryf ek? Vir wie skryf ek? Met ander woorde, is daar ‘n doel agter my skrywery?
Dis glad nie so ‘n eenvoudige vraag nie, hoor. Dit het my vir ‘n oomblik laat frons, want wat dan nou? Waarom sou iemand so iets vir my vra?
En toe weet ek!
Ek skryf omdat ek, binne ‘n week of twee, eintlik hopeloos verslaaf geraak het daaraan.
Skilpadkop het baie interessante karakters- Bibi, Mia se beste vriendin, wat saam met haar skool gee. Bibi is ʼn vurige rooikop wat streef daarna om ʼn huwelik te kan hê soos Mia en Louw.Tannie Poppie en Oom Jors is Mia en Louw se bure en voel meer soos familie as vriende. ʼn Baie hegte en spesiale band het oor die jare tussen hulle gevorm.
Tannie Betsie maak seker dat daar geen rus en vrede op Skilpadkop is nie. Waar sy onmin kan saai, saai sy onmin.Dan kom die noodlot en wys hoe wreed en genadeloos dit kan wees…
Soms verander mense se harte in hout om seerkry te kan oorleef. Kan twee hout harte mekaar weer warm en kloppend skuur?
Skilpadkop het baie interessante karakters- Bibi, Mia se beste vriendin, wat saam met haar skool gee. Bibi is ʼn vurige rooikop wat streef daarna om ʼn huwelik te kan hê soos Mia en Louw.Tannie Poppie en Oom Jors is Mia en Louw se bure en voel meer soos familie as vriende. ʼn Baie hegte en spesiale band het oor die jare tussen hulle gevorm.
Tannie Betsie maak seker dat daar geen rus en vrede op Skilpadkop is nie. Waar sy onmin kan saai, saai sy onmin.Dan kom die noodlot en wys hoe wreed en genadeloos dit kan wees…
Soms verander mense se harte in hout om seerkry te kan oorleef. Kan twee hout harte mekaar weer warm en kloppend skuur?
A story of intrigue, betrayal, murder and sad romance. The story takes place in an old Lowveld village, where Constable van der Plooi and his colleagues have to solve a murder. Constable van der Plooi is a Stoftrappertjie; will he maintain himself and stay standing until the end, in a world of drugs and girls?
His debut bundle. Glorified Ideals. The following novel is: Where the Galaxy sits before Midnight.
Wanneer Carly Eloff uitvind van haar man se buite-egtelike verhouding, trek sy finaal die woonsteldeur agter haar toe en stap die nag in.
Ans Barnard laai haar op en neem haar in. Carly gaan saam plaas toe. Almal aanvaar haar teenwoordigheid in die klein huisie, maar Ans se susterskind en mede-plaaseienaar is ‘n ander storie. Marnus, met sy afsydige houding en ysblou oë wat tot in haar siel kyk, beskou haar as ‘n indringer en fortuinsoeker, of so voel dit vir haar. Haar lewe word ‘n tweede keer omgekeer wanneer haar geliefde tannie Ans onder verdagte omstandighede sterf.
Wat hou die toekoms in vir Carly? Sal sy Marnus kan oortuig van haar eerbare bedoelings met sy tante? Gaan sy aanbly op die plaas, of moet sy elders van voor af begin?
Wanneer Nia Vermoot se ouers spoorloos verdwyn na ’n vakansievlug, gryp sy ’n geheimsinnige kans aan om die waarheid uit te vind. ’n Internet-boodskap lei tot ’n vreemde huwelik met die geheimsinnige Adam van Eeden, wie se gesig altyd bedek is. Kort ná die seremonie word sy saam met hom na ’n afgeleë eiland geneem, waar vreemde gebruike geheime verberg. Daar ontdek sy die ware rede vir haar teenwoordigheid – en die onheilspellende verbintenisse tussen Adam, ’n verminkte vrou en die stil Ula.
Na twee mislukte huwelike en ’n dogter wat haar verag, het die drie en vyftigjarige Esta Coulson nooit kon droom dat die dag wat sy in die Kaap land, haar hele lewe sou verander nie.
Terwyl Esta by haar niggie kuier, ontmoet sy Lance Damian. Die Spanjaard slaan haar voete onder haar uit die oomblik wat sy in sy donker oë kyk. Hy laat haar vir die eerste keer in haar lewe soos ’n ware vrou voel. Maar… Sy keer vir die vale om haarself intoom te hou in die man se teenwoordigheid, sy dra te veel bagasie met haar saam om ’n man weer naby haar toe te laat.
Iets gebeur dan wat haar vrymaak van die las en veragting wat sy al die jare soos ’n vernietigende kankergewas met haar saamgedra het. Dit laat haar besef sy het nog ’n kans gekry in die lewe. ’n Kans op ’n nuwe begin.
Kosbaarder as Korale is ‘n kortverhaalbundel wat geskryf is deur verskeie skrywers, en sluit verhale in wat die krag, moed, en deursettingsvermoë van vroue vier. Die verhale wissel van persoonlike oorwinnings en tweede kanse tot liefde en familie, en weerspieël die uiteenlopende ervarings en uitdagings wat vroue daagliks in die gesig staar.
Hierdie verhale van vroue wat onophoudelik werk om die lewens van diegene om hulle te verbeter, sal die leser inspireer en diep raak.
Dit is nou Marizka se beurt, omi n hierdie boek die storie agter die storie te vertel, met feite wat nog nie die lig van dag gesien het nie.
Hierdie is nie gedigte oor wat in my gedagtes aangaan nie, eerder is dit gedigte oor oorloë teen die monsters in my kop. Dit is amper asof ek wil sê dit is ‘n universele digbundel vir almal wat aan PTSV, depressie of enige geessiekte ly, elkeen het net sy eie monsters.
3 Verhale in 1
Drie uiteenlopende stories Drie uiteenlopende vroue…Stories van onvoorwaardelike liefde.