Die glans van wraak
Price range: R39.00 through R139.00Royal Diamonds, die groot diamantreus in Namibië, stel ’n vroue diamant-sorteerder aan. Daar is veel meer aan Vonda Wallace, die 26 jarige rooikop-Amerikaner met die verleidelike lyf, as wat enige iemand vermoed of ooit sal besef. Royal Diamonds se gebou waar die diamante gesorteer word, word skielik deur kragonderbrekings geteister, en kort na die kragonderbrekings word daar telkens van die pakkies met die grootste karate vermis.
Die hoof van die Diamant-tak, by wie geen diamantdief nog ooit kon verbykom nie, kry nie die dief vasgetrek, óf die diamante opgespoor nie. Die bordjies word ergter verhang toe die vermiste diamante in sy kluis gevind word.
Hoe het die diamante daar beland? En wie is die wulpse Vonda Wallace regtig?
