Naaldekoker
R129.00Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.
Die Klokkejane van Klokkeland is baie snaakse kreature. Daar is blou Klokkejane en rooi Klokkejane. Hulle lyk soos ronde harige balle met groot oë en wye monde. Hulle het dun arms en bene. Vier vingers en vier tone aan elke hand en voet. Maar … Klokkeloempie is pers. Die enigste pers Klokkejaan in Klokkeland. Iewers tussen hierdie boek se bladsye is die geheim van Klokkeloempie se pers hare. Klokkeloempie verdwaal in die bos en terwyl jy lees, beleef jy sy avonture alleen in die nag. Gaan hy ooit weer sy pad terugvind huis toe?
Bemoediging vir die stryd in ons lewens
Die reeks bestaan uit drie volumes geestelike bemoedigings wat oorspronklik spruit vanuit my eie lewenservarings. Ek is maar ‘n doodgewone man, en dit waarmee ek wroeg en hoe die Gees my daardeur lei, sal vir elke gewone mens van waarde wees om te lees. Ons almal het troos, stigting en bemoediging nodig – om te ontvang, maar ook om uit te deel.Ons almal het groei nodig. Ons almal moet geestelik fikser word.Die wedloop waaraan ons deelneem raak al hoe meer liberaal, sonder dissipline en geestelik lewensgevaarlik.
‘n Storie oor die gruwels van ons samelewing en God se groot genade vir mense. ‘n Paar jongmense wie ‘n afspraak met die toekoms gehad het, daardie nag op Spencerville Weg! ‘n Afspraak waarvan die nagevolge soos die rimpels op ‘n dam gaan bly uitkring en groter en groter raak. Wat is God se plan met hulle?
Hierdie tien verhale illustreer hoe broos ons menslike verhoudings is. Broos en kosbaar. Ons is uitgelewer aan mekaar, ons smagting na aanvaarding en liefde maak of breek ons. Dit maak saak hoe ons met mekaar omgaan, want net dán sal ons bewus wees van mekaar se seer en pyn. Die verhale vertel van liefde wat nie vervul word nie, pyn en seer wat ons krank maak, ’n grysappelboom waaronder drome gedroom word. Drome, as ons regtig glo, wat tog bewaarheid sal word. Die leser sal hom/haar maklik kan vereenselwig met die verhale, omdat dit gebeure is wat ons tog die een of ander manier raak. Al is omstandighede nie altyd gunstig nie, is dit nie jou omstandighede wat bepaal waar jy eendag gaan opeindig nie, jy bepaal dit self.
Stories is nie maar net stories nie, dit maak saak.
Maak gereed vir ‘n epiese reis deur verre sterrestelsels, sonnestelsels en planete in die eerste boek van die Sterrevegters-reeks. In ‘Magte, Kragte én Helde’ sal lesers op ‘n opwindende avontuur gevul word met spanning, aksie en intrige geneem word.
Volg die storie van twee jong seuns, Rommozor en Tallottara, terwyl hulle aan hul lotgevalle bekendgestel word – een as ‘n draer van die Donker Mag en die ander as ‘n verdediger van die planeet Raggamajos. Soos hulle in mans groei, bly die uiteindelike vraag – wie sal as oorwinnaars uit die stryd tree, goed of kwaad?
Drie Verhale in een
Bloed Spook is ideaal vir lesers wat hou van rillerverhale wat hul voete in die werklikheid hou, terwyl dit tog ‘n element van die onverklaarbare bevat. Lesers van plaasfiksie wat met donker en spanningsvolle ondertone gevul is, sal hierdie boek geniet.
Met die skryf van hierdie werk, het ek beoog om te getuig van my lewensreis saam met vriendinne, sowel as my passie vir vriendskappe. Deur hierdie boek die lig te laat sien, wou ek graag iets aan die kosbare mense rondom my gee wat hul sal inspireer om vriendskap te omarm en vreugde daaruit te put. Daarmee saam het ek skrifgedeeltes en dagstukkie-inspirasies neergepen wat my deur moeilike dae gehelp het. Tesame met die inspirasie stukke, kry die leser ook die kans om iets wat in haar eie hart leef of ‘n gedagte wat by haar opkom neer te skryf in die “deel jou hart” gedeelte. Selfs dalk ‘n gebed of versugting van haar hart.
Jacoba is vasgevang in ’n destruktiewe huwelik, maar kies om haar drie kinders alleen op die plaas in liefde groot te maak. In haar soeke na vrede vind sy hoop en liefde by Albertus. Hoewel die gesin geluk beleef, worstel sy met bekommernis oor haar jongste seun, Poul, wie se selfdood haar wêreld verpletter. Temidde van rou en vrae sonder antwoorde, ervaar sy die Here se genade wat haar ophef en ’n nuwe doel in die lewe gee.
Tergende vrae en aangrypende, hartseerverhale speel hulle af op die bladsye van hierdie boeiende ware geskiedenis van die nageslag van Maarten Petrus Albertus Coetsee en sy vrou Elsje Catharina van der Merwe. Die deernisvolle verhale sal almal wat belangstel in geskiedenis, genealogie en nie-fiksie, aangryp.
Dat my naaste uit ‘n voedsel oogpunt vorentoe gaan swaarkry oor die meerderheid nog nooit vir hulleself moes sorg nie en dus nie oor die kennis en vaardighede beskik om te oorleef indien die lewe nou wel sy agterent op ons gaan draai nie. Die essays is geskryf met empatie, maar sans simpatie vir diegene wat perdedrolle van vye wil onderskei.
Hierdie hartverblydende romanse sal jou die een oomblik laat lag en die volgende oomblik laat trane afvee. Nienke is bekommerd oor haar geliefde oom wat skielik vreemd begin optree. Sy besluit om haar April-vakansie saam met hom deur te bring. Min weet sy dat haar besoek chaos gaan saai. ’n Selfbehepte sanger, het homself tuisgemaak in haar oom se huis en lewe. Maar om haar oom te help, belowe sy om die arrogante Lukas, wat sy nie kan verdra nie, ‘n kans te gee om aan haar te bewys dat hy homself nie by haar oom ingewurm het vir eie gewin nie. Lukas werk hom vinnig in haar hart in. Dinge neem egter ’n wending wanneer Nienke eerstehands die glans en glorie van Lukas se wêreld ervaar. Sy ontdek vinnig dat dit nie die soort plek is waar ‘n skaam madeliefie kan floreer nie. Sal hul verskille te groot wees om ‘n gelukkige einde te hê?
Hansie, n voormalige presidensiële lyfwag wat onlangs vir God ontmoet het, probeer om sy lewe om te keer. Die roeping om n herder te wees is sterk op sy gemoed, maar sy verlede staan tussen hom en sy toekoms. Nog een laaste kontrak, voor hy kan oor begin. Hy tel die verkeerde pakkie op, en wanneer hy besluit om 20 jaar se korrupsie, gestoor op drie eksterne hardeskywe, aan n joernalis te oorhandig om die korrupte kabinetsministers en SAPD-lede te ontbloot, is dit waar dinge lelik skeefloop.
“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.
Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing (wat ongeveer 20 kilometers van Knysna en 59 kilometers van George is), word deur sommige mense as die mooiste en mees diverse gebied in ons land beskou. Woorde wat gebruik word om die area te beskryf is gewoonlik “lushof”, “pragplek”, “paradys” en “verskeidenheid”. Die natuurreservaat van 2500 hektaar bestaan uit verskillende tipes fynbos en woude, sowel as uit vleilande, vloedvlaktes, ʼn varswatermeer en ʼn riviermonding terwyl die marienereservaat uit ʼn kuslyn van ongeveer 18 kilometers bestaan. As gevolg van die mooi en diverse omgewing word verskeie (en skaars) voëls, visse, diere sowel as plante en boomspesies hier aangetref. Behalwe dat die omgewing baie mooi en divers is, het die gebied ʼn baie ryke geskiedenis wat reeds in die 1700’s ontstaan het. Marius Bakkes, historikus en skrywer beskryf die boek soos volg: “Baie interessant, insiggewend, volledig, boeiend en maklik leesbaar.”