My Naam is Jos
R199.00Jos se eerste publikasie van nog vele wat sal volg!
Kom beleef die opwindende, hardegat, doelgerigte, snaakse unieke manier van sê met Jos! Lag is goed vir die gemoed!
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Jos se eerste publikasie van nog vele wat sal volg!
Kom beleef die opwindende, hardegat, doelgerigte, snaakse unieke manier van sê met Jos! Lag is goed vir die gemoed!
Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.
Nagmaal en die Engelsman is ʼn versameling uiteenlopende kortverhale, geskryf in verskillende tydvakke.
Wanneer Lily en haar drie jarelange skoolvriendinne besluit om saam te gaan vakansie hou, was dit met groot opgewondenheid. Min het hulle geweet wat op hulle wag.Mensehandel is so ‘n werklikheid vandag. Hierdie verhaal laat jou op die punt van jou stoel sit as jy saam met die vier vriendinne hulle belewenis ervaar.
Nakelaan is die verhaal van ‘n jong meisie wat haar moeder op ’n vroeë ouderdom verloor het, en sukkel om daarmee saam te leef. Sy ontmoet vir Dolfie en sy familie wat haar die liefde van ‘n ouerhuis laat ervaar, want Dolfie se moeder aanvaar haar soos een van haar eie. Maar is daar die bedorwe en welaf Annabel met haar glimlaggies en super kort rokkies wat gedurig onder Dolfie se neus is, en waarmee Nakelaan moet rekening hou.
Die Namakwaland-streek, geleë in die westelike deel van die Noord-Kaap, is bekend vir sy asemrowende blomtonele en woestynlandskap. Die manier waarop die plaaslike mense Afrikaans praat is uniek aan hierdie gebied.
Willem se anekdote van die mense beklemtoon die uniekheid van die mense en die gebied. Sy liefde vir dié deel van ons mooi land kan in elke storie gesien word.
Die stories neem jou deur ‘n reeks emosies, van lag tot amper huil, maar die lag oorheers.
Kabouterland is in rep en roer vir die jaarlikse besoek van die Feëkoningin Die jaar word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg. Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet. Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors. Gaan Kabouterland ooit weer vry wees van die geel monster?
“Vertel, sal ek jou móét vertel.”
Wat is Nélia se geheim en hoe gaan dit haar toekoms raak?
Die Bloemendal-familie het skaars kans gekry om hierdie slegte nuus te verwerk, of Neriah verdwyn self op ʼn baie misterieuse manier. Die hulp van speursersant Whitelock van die Vermiste Persone tak moes dringend ingewin word om sersant Annandale met die ondersoek te help. Albei hierdie regsmanne besef maar te goed dat indien die media moet agterkom dat sy vermis word, daar baie druk op hulle geplaas sal word om haar te vind. Sy is immers ʼn huishoudelike naam reg oor die wêreld!
Is sy ontvoer, en hoekom? Hou dit verband met haar broer se inhegtenisname as dwelmhandelaar? Waar moet hulle begin soek? Gaan hul Neriah lewend kry?
Ester, die geliefde “baba engel” by die see, is ’n toegewyde vroedvrou met ’n hart vir moeders en babas. Ná die dood van haar mentor, Ou-Dok, worstel sy met verlies, maar haar integriteit hou haar op koers. David, Ou-Dok se seun, ontwrig haar emosies, maar ook haar hart. Met Kandas, haar kat, as stille bemiddelaar, leer Ester en David mekaar ken. Wanneer haar beste vriendin Ingrid moet kraam, word Ester se toewyding opnuut getoets. Sal sy alles alleen kan hanteer?
Hierdie twee kinders se lewens word deur leuens deurmekaar gekrap … Hoe hou hulle lewens verband? Sal hulle ooit die waarheid leer? Gaan hulle ooit die kans gegun word om hulle baie besonderse talent te geniet en suksesvolle tjelliste te word?
Beth vind ook liefde by die toergids wat hulle toer gelei het tydens hul besoek aan Suid-Afrika.Die tweeling is baie gelukkig en dankbaar dat hul Vader hulle so seën.
Wanneer hulle dit die minste verwag, slaan die noodlot egter toe. Wie se lewe is dit wat verwoes word deur leuens en verraad?Gaan hulle daardeur kom en steeds suksesvol wees?
“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
Niemand is nie ‘n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag word van ‘n polisiebeampte nie. Dit is ‘n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak
Nikkie Hoffman, ’n lewenslustige jong vrou van Namakwaland, dra die pyn van haar ma se geheimsinnige dood saam. Vertroue is haar grootste struikelblok – iets wat niemand nog reggekry het om by haar te vestig nie. Sy deel ’n huis met die onweerstaanbare Marc Ramsey, wat vasbeslote is om haar hart en waarheid te ontdek. Maar terwyl liefde stadig ontkiem, loer gevaar. Nikkie worstel met emosies, terwyl Marc weet: sy is sy sielsgenoot. ’n Romantiese raaisel vol passie en pyn.