Digbundel Volume 2
R129.00Ek glo in woorde – woorde wat spreek tot elkeen wat lees se hart.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Ek glo in woorde – woorde wat spreek tot elkeen wat lees se hart.
Wanneer Lily en haar drie jarelange skoolvriendinne besluit om saam te gaan vakansie hou, was dit met groot opgewondenheid. Min het hulle geweet wat op hulle wag.Mensehandel is so ‘n werklikheid vandag. Hierdie verhaal laat jou op die punt van jou stoel sit as jy saam met die vier vriendinne hulle belewenis ervaar.
Hierdie bundel is ook daarop gemik om aan studente en professionele kunstenaars materiaal te verskaf vir eenmanvertonings. Dit word in ‘n ligte trant vertel en probeer nie om meer te wees as net storietjies nie. Ek hoop my poging bring ‘n glimlag in jou dag.
The inside scoop on the Krugersdorp appointment murders.
Instead of writing the story, she became the story. Outcast. She is Marizka, a journalist with a keen nose for a story. He is Le Roux, one of six suspects responsible for 11 gruesome murders in one of the most bizarre crime stories to hit South Africa.
Traumatiese gebeure ruk ’n klomp lewens deurmekaar en Jos maak ’n belofte wat veroorsaak dat hy sal moet terugstaan en Anika laat gaan.
Lees is die belangrikste vaardigheid wat ‘n kind moet verwerf, want hy/sy leer om te lees met ‘n bepaalde doel voor o sodat hy kan lees om te leer. Lees is veel meer as net die herkenning van woorde. Dit is ‘n holistiese proses wat die kind in totaliteit betrek. Lees bou woordeskat, dit verbeter konsentrasie en help ons om te ontspan. Kinders wat lees spel beter. Lees kan ook n sosiale aktiwiteit wees. Woorde is boustene selfs in tegnologie. Lees is die sleutel tot opvoeding, opleiding en ‘n kwaliteit lewe. Lees ontsluit die kind se verbeelding en so ook sy wêreld om hom/haar. Daarom word hierdie boek Spinnie Spinnekop sterk aanbeveel, dit is oulike stories om die kind se verbeelding aan te gryp.
Op Yuri se aandrang stem Wolf in om hulle te help met die tem en opleiding van die diere.Nooit het Wolf kon dink dat ’n vrou ooit weer sy hart sal sagmaak nie, maar is die liefde vir hom beskore?
Duetbundel deur twee digters wat hul gedagtes saam in een bundel laat vloei.
Wat begin het as ’n reeks van drie boeke, word Renosterspruit 1, 2 en 3 na publieke aanvraag in een boek uitgegee as ’n uiters spanningsvolle reis waarop die leser getrakteer word op alles wat ’n goeie spanningsverhaal vereis.
Rudi en Janneman, twee boesemvriende, werk albei vir dieselfde sekerheidsmaatskappy. Tydens een nagskof bevind hulle hulself by ’n ou, spookagtige winkelsentrum. Die vreemde gebeure by die winkelsentrum loop uit op ’n verhaal wat oor jare strek. Die twee jongelinge begin hulle avontuur as opwindingsoekers en eindig uiteindelik as volwaardige polisiebeamptes van Renosterspruit.
Met ontvoerings, moorde, vreemde karakters en ’n misterieuse bylmoordenaar, beloof hierdie spanningsverhaal om die lesers deurentyd op die punt van hulle stoele te hou.
50 voor 40 is ‘n samestelling van 50 van my gedigte (Afrikaans en Engels). Die temas van die gedigte wissel van geloof- en morele kwessies, tot lewenservaringe (hetsy my eie of die van iemand anders). Elkeen van hierdie gedigte is geïnspireer deur of gebaseer op ware gebeure of persone.
Ah, Paris. Lovely Paris, the City of Love. The muse for many artists & Asian wedding magazines. The million dollar question though, is how does one survive for a year surrounded by the French?
Let me give ou the breakdown, the step-by-step:Rule 1: don’t speak English, Rule 2: dont speak English AT ALL, Rule 3: in fact, just be French.
Don’t forget Life Lesson #44 either, do NOT yank on foreign French back doors! This is one of the many things you learn while living there. A year’s worth of e-mails, news, trials and errors, travel memories, famine, suggestions and advice, French quirks, hating the English, Starbucks, are all found in this journal, the Travel Journal with South African je ne sais quoi…
Ek is vry van die hel van depressie. God alleen kry die eer daarvoor. Ek kan geen tree gee as Hy my nie bewaar van die bose nie.
Hendrien kry nie die swartkop luitenant uit haar gedagtes óf haar hart nie, maar sy het geen keuse as om van hom te vergeet nie. Engeland en Suid-Afrika is duisende myle van mekaar.En Clive? Kon hý ooit werklik van die vurige, blonde boeremeisie vergeet? Óf vrede in sy hart vind met die onreg wat gepleeg is teenoor onskuldige vroue en kinders in die konsentrasiekampe.
Roepstem, my onthulling van my hartsgeheime, my lewenspad. Ek is vrou, ek is dogter. Hierdie digbundel weerspieël verskeie fases van my lewe, soms aanmoedigend, soms laf met ‘n tikkie hartseer, maar altyd as vrou, dogter, peetma…noem my vrou; noem my vegter. As Digter nooi ek julle, my lesers om saam met my op reis te gaan… Roepstem … my reis
Roelien se vermoede dat haar man ʼn verhouding het, word gestaaf deur ʼn bewysstuk wat sy in Thinus se kar te ontdek. Hy word gekonfronteer, maar ontken alles.
Volgehoue druk deur René om Thinus vir haarself te eien, dwing hom om ʼn gewetenlose karakter om te koop om Roelien te laat vermoor, of eerder te laat lyk na selfdood of ongeluk. Rick se plan is haarfyn uitgewerk en na weke se beplanning, slaan hy toe. Alles val in plek, sy prooi is in sig, maar beurtkrag op die spesifieke oomblik, laat alles in duie stort.
Het Rick ’n plan B? Wat van Thinus en René se aandeel?
Liefdadigheid laat haar hart vinniger klop en onregverdigheid maak haar kwaad Sy skryf oor hoop, onvoorwaardelike liefde, geloof en uithouvermoë. Oor mense wat geval het maar weer opgestaan het Sy wil die goedheid van Hom verkondig, sonder om te preek Sy wil net sý wees, haar eie ding doen… Lééf