Nagmaal en die Engelsman
R59.00 – R139.00Price range: R59.00 through R139.00Nagmaal en die Engelsman is ʼn versameling uiteenlopende kortverhale, geskryf in verskillende tydvakke.
Nagmerrie matriek vakansie
R59.00 – R139.00Price range: R59.00 through R139.00Wanneer Lily en haar drie jarelange skoolvriendinne besluit om saam te gaan vakansie hou, was dit met groot opgewondenheid. Min het hulle geweet wat op hulle wag.Mensehandel is so ‘n werklikheid vandag. Hierdie verhaal laat jou op die punt van jou stoel sit as jy saam met die vier vriendinne hulle belewenis ervaar.
Nakelaan
R39.00 – R139.00Price range: R39.00 through R139.00Nakelaan is die verhaal van ‘n jong meisie wat haar moeder op ’n vroeë ouderdom verloor het, en sukkel om daarmee saam te leef. Sy ontmoet vir Dolfie en sy familie wat haar die liefde van ‘n ouerhuis laat ervaar, want Dolfie se moeder aanvaar haar soos een van haar eie. Maar is daar die bedorwe en welaf Annabel met haar glimlaggies en super kort rokkies wat gedurig onder Dolfie se neus is, en waarmee Nakelaan moet rekening hou.
Namakwaland, My Hartland Boek 1
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00Die Namakwaland-streek, geleë in die westelike deel van die Noord-Kaap, is bekend vir sy asemrowende blomtonele en woestynlandskap. Die manier waarop die plaaslike mense Afrikaans praat is uniek aan hierdie gebied.
Willem se anekdote van die mense beklemtoon die uniekheid van die mense en die gebied. Sy liefde vir dié deel van ons mooi land kan in elke storie gesien word.
Die stories neem jou deur ‘n reeks emosies, van lag tot amper huil, maar die lag oorheers.
Neelsie en die geel monster
R49.00 – R149.00Price range: R49.00 through R149.00Kabouterland is in rep en roer vir die jaarlikse besoek van die Feëkoningin Die jaar word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg. Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet. Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors. Gaan Kabouterland ooit weer vry wees van die geel monster?
Nelia in die gramadoelas
R139.00 – R359.00Price range: R139.00 through R359.00“Vertel, sal ek jou móét vertel.”
Wat is Nélia se geheim en hoe gaan dit haar toekoms raak?
Neriah
R79.00 – R199.00Price range: R79.00 through R199.00Die Bloemendal-familie het skaars kans gekry om hierdie slegte nuus te verwerk, of Neriah verdwyn self op ʼn baie misterieuse manier. Die hulp van speursersant Whitelock van die Vermiste Persone tak moes dringend ingewin word om sersant Annandale met die ondersoek te help. Albei hierdie regsmanne besef maar te goed dat indien die media moet agterkom dat sy vermis word, daar baie druk op hulle geplaas sal word om haar te vind. Sy is immers ʼn huishoudelike naam reg oor die wêreld!
Is sy ontvoer, en hoekom? Hou dit verband met haar broer se inhegtenisname as dwelmhandelaar? Waar moet hulle begin soek? Gaan hul Neriah lewend kry?
Net een soos Ester
R79.00 – R189.00Price range: R79.00 through R189.00Ester, die geliefde “baba engel” by die see, is ’n toegewyde vroedvrou met ’n hart vir moeders en babas. Ná die dood van haar mentor, Ou-Dok, worstel sy met verlies, maar haar integriteit hou haar op koers. David, Ou-Dok se seun, ontwrig haar emosies, maar ook haar hart. Met Kandas, haar kat, as stille bemiddelaar, leer Ester en David mekaar ken. Wanneer haar beste vriendin Ingrid moet kraam, word Ester se toewyding opnuut getoets. Sal sy alles alleen kan hanteer?
Net een waarheid deel 1
R89.00 – R209.00Price range: R89.00 through R209.00Hierdie twee kinders se lewens word deur leuens deurmekaar gekrap … Hoe hou hulle lewens verband? Sal hulle ooit die waarheid leer? Gaan hulle ooit die kans gegun word om hulle baie besonderse talent te geniet en suksesvolle tjelliste te word?
Net een waarheid deel 2
R99.00 – R259.00Price range: R99.00 through R259.00Beth vind ook liefde by die toergids wat hulle toer gelei het tydens hul besoek aan Suid-Afrika.Die tweeling is baie gelukkig en dankbaar dat hul Vader hulle so seën.
Wanneer hulle dit die minste verwag, slaan die noodlot egter toe. Wie se lewe is dit wat verwoes word deur leuens en verraad?Gaan hulle daardeur kom en steeds suksesvol wees?
Net vir jou
R149.00“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
Niemand
R79.00 – R189.00Price range: R79.00 through R189.00Niemand is nie ‘n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag word van ‘n polisiebeampte nie. Dit is ‘n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak
Nikkie
R59.00 – R179.00Price range: R59.00 through R179.00Nikkie Hoffman, ’n lewenslustige jong vrou van Namakwaland, dra die pyn van haar ma se geheimsinnige dood saam. Vertroue is haar grootste struikelblok – iets wat niemand nog reggekry het om by haar te vestig nie. Sy deel ’n huis met die onweerstaanbare Marc Ramsey, wat vasbeslote is om haar hart en waarheid te ontdek. Maar terwyl liefde stadig ontkiem, loer gevaar. Nikkie worstel met emosies, terwyl Marc weet: sy is sy sielsgenoot. ’n Romantiese raaisel vol passie en pyn.
Nog ‘n kans op ‘n nuwe begin
R89.00 – R229.00Price range: R89.00 through R229.00Na twee mislukte huwelike en ’n dogter wat haar verag, het die drie en vyftigjarige Esta Coulson nooit kon droom dat die dag wat sy in die Kaap land, haar hele lewe sou verander nie.
Terwyl Esta by haar niggie kuier, ontmoet sy Lance Damian. Die Spanjaard slaan haar voete onder haar uit die oomblik wat sy in sy donker oë kyk. Hy laat haar vir die eerste keer in haar lewe soos ’n ware vrou voel. Maar… Sy keer vir die vale om haarself intoom te hou in die man se teenwoordigheid, sy dra te veel bagasie met haar saam om ’n man weer naby haar toe te laat.
Iets gebeur dan wat haar vrymaak van die las en veragting wat sy al die jare soos ’n vernietigende kankergewas met haar saamgedra het. Dit laat haar besef sy het nog ’n kans gekry in die lewe. ’n Kans op ’n nuwe begin.
Noha
R89.00 – R209.00Price range: R89.00 through R209.00Boek 3 van die Dirk Pienaar Trilogie
Ratel staan stil en kyk. “Daar is bloed op die maan. Ratau se bloed. Buite tjank ‘n jakkals en dan is dit stil op Pienaarshoop.
En so eindig die spanningsvolle boek van moord, doodslag en verraad. ʼn Boek wat jou naels laat kou, senuwees laat uitrafel en jy net nie kan neersit nie.
